top of page
Search

Rondom die Kaap en tot by Indie

  • aghvorster
  • Oct 17, 2023
  • 2 min read

Die Portugese seevaarders het Sierra Leone bereik in 1461 en tien jaar later deurgedruk tot verby die ewenaar om Fernando Po te bereik. Daar was hulle terleurgesteld om te vind dat hulle nie daardeur die seeroete na Indie geopen het nie, aangesien die kus van hier af weer suidwaarts gedraai het. Die epiese reis van die Carthagers wat 2000 jaar vroeer om Afrika geseil het was by die tyd weggevee uit menslike geheue.


Die Congo was bereik teen 1483 deur Diego Cam, wie die volgende jaar geseil het tot by Walvisbaai.


In 1487 het Barthlomeus Dias die grense van Cam se reis verbygesteek, en suidwaarts geseil tot die westewinde hulle weer oos geneem het. Hy het daarvandaan noord geseil en geland by Mosselbaai. Sonder dat hy dit gesien het, het Dias dus om die Kaap geseil, en soos hy verder gesoek het en die kus wat ooswaarts le gevind het, het hy geweet hy het die Indiese oseaan bereik. Kort daarna het sy bemanning hom geforseer om terug te draai. Op sy terugreis het hy die posisie van die Kaap vasgestel en dit die Kaap van Storms genoem. Die Portugese koning het dit herdoop na die Kaap van Goeie Hoop, ter wille van die moraal van toekomstige skeepsbemannings.


In 1497 het 'n ander Portugees, Vasco Da Gama, om die Kaap geseil en sy landing, waar hy oor Kersfees aangekom het, Natal genoem. Soos hy noord geseil het, het hy teenstand van Arabiese handelaars gekry by Mosambiek. maar 'n vriendelike Persiese regeerder by Malindi, in Kenya, het 'n gids verskaf om hom na Calicut in Indie te lei.


Da Gama se pogings om handel te dryf in in Indie is teengestaan deur die Arabiere en Perse. Hy het teruggekeer na Portugal in 1499, teen welke tyd sy skepe meer as 24000 myl geseil het en 630 dae op hulle reis gespandeer het, die helfde waarvan op die oop see gespandeer is.


Die koste van Da Gama se reis is 60 maal verhaal van die speserye en kosbare stene wat hy teruggebring het. Hy het egter meer as driekwart van sy bemanning verloor, die meeste deur skeurbuik.


Bron: The Last Two Million Years - Readers Digest.

 
 
 

Recent Posts

See All

Commentaires


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page