Die Franse Revolusie: Die finansiele krisis van die Franse monargie -vervolg.
- aghvorster
- Mar 19, 2024
- 2 min read
Die parlement het voortgegaan om 'n verklaring van regte op te trek, en te bepaal dat nuwe belastings net toegestaan kan word deur die volk se verteenwoordigers: die State Generaal. Die parlement is daarop gesluit.
Onmiddelik was daar populere protes. Soldate het geweier om die regters te arresteer. Opgewonde skares het byeengekom in Parys en provinsiale stede en geeis dat die State generaal ontbied word.
Met 'n opstand wat hom in die gesig staar het Louis XVI uiteindelik toegegee aan die mense se eis. In 1788 het hy die State Generaal byeen geroep om in Versailles te vergader in Mei 1789.
Die mag van die State Generaal was adviserend, en die advies daarvan kon geignoreer word.
Die ekonomiese uitdagings van Frankryk was eg, ten spyte van die feit dat die land besig was om te vorder in industrie, handel en landbou. 'n Onlangse probleem is geskep deur die Eden verdrag tussen Frankryk en Brittanje. Hierdie verdrag het die invoerbelasting verminder wat op die twee lande se produkte gehef is. Die Britte het toegestem om die Franse wyn te verhandel teen dieselfde tariewe as die Portugese wyne, maar het die voordeel wat die Franse daaruit kon trek gou ontdoen deur die belastings op die Portugese wyn verder te verminder. Alhoewel die Britte geweier het om die heffing op Franse sy te verminder, het die Franse die heffing op Engelse katoen verlaag, en dit juis op die tydstip toe die Britte beter katoen geproduseer het teen verminderde koste weens nuwe uitvindings in spinwerk. Frankryk is vinnig oorvloei met Engelse katoen.
Franse handel het 'n tydperk van depressie binnegegaan. Teen 1788 het werkloosheid 'n ernstige saak geword.
Verder het pryse op goedere vanaf 1735 opgegaan terwyl salarisse minder snel verhoog is. Hierdie feit het die landhere gebaat,(wie nie belasting betaal het nie) aangesien hulle meer vir hulle produkte gekry het en minder in salarisse betaal het. Die werkersklas het uiteraard toenemend swaar gekry aangesien hulle relatief minder geld gekry het en meer moes betaal vir kos en klere.
Die oes van 1788 was 'n swak een. Die prys van graan het dus gestyg en was teen Julie hoer as wat dit nog was sedert 1709, wat 'n jaar van groot hongersnood en swaarkry was. Mens moet in ag neem dat die laer klasse iets soos twee derdes van hulle totale inkomste op kos gespandeer het en dat hulle vermoe om kos te koop alreeds ernstig gemuilband was deur die huidige pryse en salarisse.
Bron: History of Western Civilization - Hayes, Baldwin, Cole
Comments