Franse Revolusie: Die Nasionale Vergadering van n1789 (vervolg)
- aghvorster
- Apr 8, 2024
- 1 min read
Die Tennisbaan Eed was die werklike begin van die revolusie, want daardeur het die verteenwoordigers van die Derde Stand teen die bevele van die koning gegaan, en ver buite die doel waavoor hulle byeengeroep is.
Die koning het geen beslissende teen hulle geneem nie. Daar het gou 'n paar liberale aristokrate en laer kerklikes by hulle aangesluit. "Ons is hier deur die wil van die mense", het hulle by monde van Mirabeau gese, "en ons sal nie ons plekke verlaat nie, behalwe teen die punt van 'n bajonet.
Die koning het toegegee. Net 'n week na die verrigtinge by die tennisbaan, het hy sy besluit omgekeer en bepaal dat die drie stande saamsit en per kop sal stem. Die tafel was nou gedek vir die nuwe Nasionale Vergadering om 'n konstitusie vir Frankryk op te trek, maar dit het nie in kalmte voortgegaan nie, want Frankryk was ernstig geaffekteer deur die gebeure by Versailles, en in die maande wat gevolg het het daar gebeure plaasgevind wat die houding en werkj van die vergadering geaffekteer het.
Vroeg in Julie het 'n gerug versprei dat die koning soldate om Versailles gekonsentreer het. dit het gelei tot drie dae van groot wanorde in Parys. Winkels is besteel en koninklike offisiere is uitgewerpterwyl die skare in oproer was. Op die derde dag het 'n klomp mense die Bastille aangeval. Hulle het die bastille oorgeneem en die wagte wat dit probeer verdedig doodgemaak.
Word vervolg.
Bron: History of western Civilization - Hayes Baldwin & Cole.
Comentários