Peloponnesiese oorlog: Die Siciliese ramp.
- aghvorster
- Aug 1, 2023
- 2 min read
Athene het so goed gedoen, of beter (in die eerste fase van die oorlog) as wat verwag kon word. Hulle ryk was op sy voete. In die westerse waters het hulle krag toegeneem. Die Peloponnesiese bond het sleg daarvan afgekom.
Hulle was egter ver van tevrede aangesien hulle uitbreidingsaksie grootliks aan bande gele is. Die epidemie en oorbevolking het almal geaffekteer. Die verwoesting van die platteland en die verliese van die weermag het spesifiek die klasse wat die platteland bewoon skade berokken.
Nou dat die oorlog verby was was Atheense opinie en die leierskap skerp verdeel. Pericles was dood. Nicias was 'n tweede Pericles. Ver meer radikaal was Alcibiades. Hy het die Atheners oortuig om in bondgenootskap te gaan met Argos, en om land operasies in die Peloponnesus te waag. Alhoewel dit uitgeloop het op 'n nederlaag van die Argives en 'n klein Atheense mag deur die Spartaanse koning Agis by Mantinea in 418, is die vrede nie formeel daardeur verbreek nie.
Toe kom daar 'n aanloklike geleentheid om weereens tussenbeide te tree in die sake van Silicie. Gedurende die oorlog het Athene 'n paar diplomatiese en maritieme gebare gewys om Syracusiese mag te ontsetel. Nou het 'n oproep van die staat van Segesta hulle meer ekstensiewe plaaslike steun belowe. Nicias het dit geopponeer en het die basiese strategiese vereiste uitgewys dat Athene sterk moet bly in die Aegiese gebied. Maar Alcibiades het die burgery suksesvol opgesweep tot 'n gees van opgewondenheid en met betrekking tot die moontlike ekonomiese voordele. Die vergadering het gestem om 'n ekspidisie te stuur, en 'n triumviraat bestaande uit Albiades, Lamachus ('n generaal) en Nicias aangestel daaroor.
In Junie 415 het sowat 100 skepe uit die hawe van Pireaus geroei, met 'n verdere afdeling uit Corcyra, en koers gekies na Silicie.
Ten eerste het die Atheense bevelvoerders van mekaar verskil, en so waardevolle tyd gemors waartydens die Syracusiers hulleself kon begin voorberei. Toe word Alcibiades teruggeroep deur sy vyande in Athene, op sterkte van bepaalde bewerings teen hom. Eerder as om terug te keer en moontlike dood in die gesig te staar, het Alcibiades na Sparta gevlug waar hy die Spartane versoek het om Syracuse te hulp te kom en die oorlog met Athene te hervat. Alhoewel Sparta slegs die generaal Gylippus gestuur het om die Korinthiese ekspidiesie na Sicilie te lei, het hy die Syracusiers besiel om 'n groot aanslag deur die Atheners te weerstaan.
Nicias, wat homself bevind het in 'n moerasagtige hoek van die groot hawe van Syracuse het meer en meer wanhopig geword en hulp versoek, wat verskaf is deur 'n verdere ekspidisie onder Demosthenes in 413. Toe die Atheners steeds onsuksesvol bly, het hulle aanvoerders besluit om terug te val, maar omdat daar pas 'n maansverduistering was het Nicias geweier om te gaan vir 27 dae. Gedurende daardie periode het die Syrocasiers hulle skepe versterk, en in 'n seeslag die Atheense terugvalpoging in die hawe afgesny. Toe Nicias uiteindelik sy leer oor die land probeer weglei, is hulle verwoes deur die Syracusiese kavellarie.
Nicias en die ander Atheense leiers is tereggestel. Hulle het gesterf van honger en dors in die gruisgate waar hulle gevange gehou is. Hulle soldate is as slawe verkoop. Alles en alles het Athene 50 000 man en 200 skepe verloor.
Bron: A History of the Ancient World: Starr.
Comments