Ontdekking van die Noordpool.
- aghvorster
- Nov 28, 2023
- 2 min read
Die Noord en Suidpole was die laaste gedeeltes van die wereld om ontdek en ondersoek te word.
Kommersieel was die Noordpool die meer belowende een want daar was vermoed dat dit moontlik was om 'n handelsroete te vind tussen kontinente.
John Ross het die kus van Kanada en Groenland ondersoek van 1818 af, en in 1850 het James Clark Ross onsuksesvol gesoek na Sir John Franklin wat saam met 128 mans omgekom het in 1847 terwyl hy vir 'n noord- wes deurgang gesoek het. Dit was nie tot 1906 wat 'n Noorweer, Roald Amundsen finaal deur die noord-wes deurgang geseil het na 'n 3 jaar ekspidisie nie.
Nils Nordenskjold, 'n Sweed, het noord van Europa en Asie in die Stille oseaan in geseil in 1878/9 om die noord-oos deurgang te vind. Later het hy Groenland ondersoek, wat oorgesteek is op ski's deur Fridtjof Nansen se Noorweegse ekspidisie in 1888.
Vyf jaar later het Nansen en 12 ander aan boord van die Fram, 'n seilskip wat spesiaal gebou is om ysdruk te weerstaan, vanaf die New Siberiese eilande gevaar, in die hoop dat 'n seestroom hulle oor die Noordpool sal neem. Nadat hulle 16 maande rondgedryf het het Nansen en nog een die skip verlaat en met slee's honde en kajakke tot by 86 grade 14 minute noord gevorder, verder as wat enigeen tot toe gevorder het.
Saloman Andree, nog 'n Sweed, en twee metgeselle, het gepoog om die Noordpool met 'n ballon oor te steek in 1897. Hulle liggame is 33 jaar later ontdek op White Eiland, noord van Rusland.
Uiteindelik in 1909, op sy derde poging, het Robert Preary, 'n Amerikaner, die eerste man geword om die Noordpool te bereik, na sy ekspidisie oor see gereis het tot by Ellesmere Eiland, en toe met 'n slee oor die pool.
Bron: The Last Two million years- Readers Digest.
Comments