Om chirurgie veilig te maak.
- aghvorster
- Oct 24, 2023
- 2 min read
Chirurgie het op 'n primitiewe vlak gebly tot in die middel van die 19de eeu. Operasies is gedoen hoofsaaklik as 'n laaste uitweg, en sterfgevalle was hoog. die groter aantal van operasies was amputasies, en spoed was die hoofoorweging van 'n operasie, want as die operasie te lank geduur het kon die pasient sterf weens bloedverlies.
'n Goeie chirurg van die tyd was Baron Larrey, dokter van Napoleon se leer, wat na bewering eenmaal 200 operasies uitgevoer het in een dag.
Die eerste groot tree vorentoe in operasietegnieke het gekom in verdowing. In 1800 het Sir Humphrey Davy voorgestel dat nitreous oksied, of laggas, gebruik kan word as 'n verdowing, maar die idee het nie byval gevind nie.
Die 1840s het die werklike deurbraak in verdowing gesien, met die voorstelling van twee stowwe. In 1846 is die gebruik van ether gedemonstreer deur William Morton by die Massachusetts hospitaal, en in 1947het die Skot, Sir James Simpson die waarde van chloroform as 'n verdowing gedemonstreer en dit begin bevorder by bevallings. Simpson se werk is skerp aangeval deur die Skotse Kerk, maar Koningin Victoria se besluit om die gebruik van chloroform toe te laat in haar eie bevallings het veel gedoen om die gebruik daarvan populer te maak.
Dit is egter nie net verdowing wat chirurgie verander het nie. Voor die werk van Joseph Lister is baie pasiente wie se lewens tegnies deur die dokter gered is dood aan sepsis of infeksie na die operasie in die vuil hospitale van die tyd. In 1867 het Lister sy bevindinge gepubliseer en onthul dat die infeksie verminder kon word deur die gebruik van chemiese antiseptikum- Carboliese suur, op wonde en op die operasietafel.
Verdere navorsing het gewys dat nog ether nog chloroform heeltemal veilig is as verdowing, en in die 20ste eeu is nuwe verdowingsmiddels en die gebruik van verdowing ontwikkel tot 'n wetenskap wat deur spesialiste beoefen is. Daar het ook meer effektiewe ontsmettingsmiddels gekom, en die risiko van infeksie is verder verminder deur die sterilisasie van operasieinstrumente deur stoom, deur die gebruik van steriele klere, maskers en handskoene, en die ontwikkeling van masjienerie wat al die lug in 'n operasieteater kan steriliseer.
Twee ander groot probleme het aandag geverg: ernstige bloeding en chriurgiese skok. Bloeding word nou verminder deur die gebruik van kunsklampe, en 'n vorm van elektriese behandeling wat die bloed laat stol. Die risiko van chirurgiese skok word verminder deur versigtige voorbereiding, toegewyde verpleging, en nasorg.
Bron: The Last Two Million Years - Readers Digest.
Comments