top of page
Search

Louis Pasteur

  • aghvorster
  • Aug 29, 2023
  • 2 min read

Louis Pasteur het die groot deurbraak gemaak in die stryd teen kieme.


Voor Pasteur is dit algemeen aanvaar dat kieme spontaan groei in ontbindende organiese materiaal. Pasteur se eksperimente met betrekking tot die probleme van gisting in die wynindustrie het hierdie siening wetenskaplik weerle. Hy het gewys dat kieme teenwoordig is in die atmosfeer en hulleself voortplant as die toestande reg is.


Hy het verder gewys dat kieme uit vuil lug gefilter kan word deur die lug deur katoenwol te verplaas, of deur mineraalkorrels, of 'n pyp wat in 'n S vorm gebuig is. Dit kan ook vernietig word deur hitte toe te voeg.


Hy het die metode onwerp om te keer dat wyn en melk suur word deur die vloeistof vir 'n paar sekondes te verhit tot 'n temperatuur van 60 grade Celsius. Hierdie metode, bekend as pasteurisasie, word gebruik om tuberculose kieme wat in melk voorkom te vernietig.


Selfs meer waardevol was sy ontdekking dat kieme wat verswak is deur dit te verhit veilig gebruik kan word vir inenting. Skape wat hy ingeent het met verswakte anthrax bacillus het nie die siekte gekry toe hulle later ingeent is met die bakterie nie.


Hy het later die geleentheid gehad om te wys dat inenting werk op mense ook. 'n Seun is by hom gebring wie se lewe in gevaar was na hy gebyt is deur 'n hond met hondsdolheid. Pasteur het hom ingeent met 'n verswakte hondsdolheid virus, en die seun het oorleef.


Die studie van bakteriologie het sy ontstaan te danke aan Pasteur, maar sy ontwikkelling het voortgevloei uit die werk van die Duitse bakterioloog Robert Koch (1843 - 1910). Koch het baie van die organismes ontdek wat spesifieke siektes veroorsaak, insluitende cholera en tuberculose.


Bron: The Last Two Million Years - Readers Digest.

 
 
 

Recent Posts

See All

1 Comment


vorstermm
Aug 30, 2023

Die interessantste is die pyp wat in 'n s-vorm gebuig is wat kieme uit lug kan verwyder. Mens wonder of iets van hierdie metode vandag nog gebruik word.

Like

Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page