top of page
Search

Kardinaal Richelieu

  • aghvorster
  • Jul 12, 2023
  • 3 min read

Frankryk het 'n goeie koning gehad in Hendrik IV. Hy het Frankryk in baie opsigte vorentoe geneem.


Hy is in 1610 vermoor deur 'n godsdienstige fanatikus en opgevolg deur sy seun, Lodewyk XIII.


Lodewyk was meer geinteresseerd in jag en musiek as om die land goed te regeer.


Frankryk se redding was dat hy Armant Jean Franciois Du Plessis de Riechelieu in mag gehou het vir 18 jaar sedert 1624 tot 1642.


Richelieu, wat uit 'n adelike familie afgestam het, was opgelei vir die kerk, en het op 21 jarige ouderdom 'n biskop geword. 'n Paar jaar later het hy as afgevaardigde na die State Generaal Marie de Medici (Lodewyk se ma wat tydelik regeer het toe hy nog te jonk was) se aandag getrek, en sy het hom 'n pos in die regering gegee en later meegewerk tot sy nominasie as 'n kardinaal in die kerk. Hy is later deur Lodewyk 'n minister gemaak, en het homself daarna die koning se eerste minister gemaak.


Alhoewel sy vyande daarna teen hom saamgesweer het, het Riechelieu die vertroue van die koning behou, en die amp behou tot sy dood.


Die kardinaal was moontlik die grootste staatsman wat Frankryk ooit opgelewer het. Hy was 'n meester van diplomasie en 'n uitstekende administrateur. Hy het 'n diepe insig gehad in sowel militere as ekonomiese en politieke sake.


Riechelieu wou van Frankryk die sterkste staat in die wereld maak. Elke handeling wat hy gepleeg het was tot daardie doel. Na die einde van sy lewe toe het hy sy beleid as volg verduidelik:

  • Om Frankryk sterk te maak deur die mag van die Hugenote te breek

  • Verlaging van die pretensies van die adelikes.

  • Vernedering van die trotse huis van Habsburg.

Sy aanslag op die Hugenote was nie uit godsdienstige oorwegings nie. Hy het altyd gereed voorgekom om religieuse oogmerke op te offer ten gunste van politieke oogmerke. Die Hugenote het in sy opinie 'n staat binne die staat gevorm en was so 'n bedreiging vir die nasionale eenheid wat hy verlang het. Sy geleentheid het gekom toe hulle, onder aanhitsing deur Engeland, 'n opstand begin het wat gesentreer was in die hawestad La Rochelle.


Riechelieu het die geleentheid aangegryp, die opperbevelvoerder van die koningklike leer geword, en die hawestad uiteindelik tot oorgawe gedwing deur 'n breekwater te bou oor die mond van die hawe.


Hy het daarna die vrede van Alais (1629) met die Hugenote gesluit. Dit het aan hulle godsdienstige vryheid, vryheid van gewete en gelyke politieke regte geskenk. Dit het van hulle weggeneem hulle vestingstede en spesiale politieke voorregte. Daar was daarna geen verdere botsings met die Hugenote (in sy tyd) nie en die reeling het in plek gebly vir meer as 'n halfeeu.


Wat die onderdrukking van die adel betref: Dit was al lankal die gebruik om adellikes te benoem as goewerneurs van die provinsies en as hooggeplaasde administrateurs van die Franse kroon. Baie van hulle het gewapende troepe en kastele gehad. Daardeur kon hulle die wil van die koning verydel en hom selfs in openlike opstand teestaan. Hulle was ook in die algemeen teen die kardinaal en het teen hom beplan waar hulle ookal kon.


Deur 'n stelsel van uitstekende spioene en deur aansienlike lis het hy sameswerings uitgesnuffel, en die leiers daarvan laat teregstel. So vroeg as 1626 het hy die koning oorgehaal om die verwoesting van alle verskanste kastele wat nie vir die verdediging van die koningkryk nodig was nie, te gelas.


Die kardinaal het die adelikes ook as goewerneurs aangestel in dele van die land waar hulle min vriende gehad het, en verder toenemend gebruik gemaak van 'n spesiale tipe amptenaar, die "intendants". Hulle was gewoonlik regsgeleerdes uit die bourgeois wat geheel en al afhanklik was van die koning. Geleidelik het die ware mag in die hande van hierdie intendants beland.


Wat die vernedering van die Habsburgs betref het Richelieu tydens die Dertigjarige Oorlig die Swede gesubsidieer, en later Frankryk se gewig in die oorlog ingegooi om die triomf van die Katolieke en Habsburg oogmerke te voorkom. Nog 'n voorbeeld dat hy nie deur religieuse nie maar eerder politieke motiewe gemotiveer was, want hier het hy dus s=y gewig agter die Protestante ingegooi.


Bronne: History of Western Civilization- hayes e.a.

Die Verhaal van die Mensdom - Fry, van Aswegen

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page