Isaac Newton
- aghvorster
- Dec 5, 2023
- 2 min read
Deur te bou op die vroere werk van Copernicus, Kepler en Galileo, het wetenskaplikes in die laaste helfde van die sewentiende en deur die agtiende eeue vinnige vordering gemaak in hulle begrip van die natuur.
Die grootste van hulle almal was ongetwyfeld Sir Isaac Newton (1642 - 1727). Gebore uit 'n nederige familie, het hy sodanige vaardigheid in wiskunde gewys by die Universiteit van Cambridge dat hy 'n professor daar geword het toe hy net sewentien jaar oud was. Amper elke veld van die fisiese wetenskap het die impak ervaar van Newton se ondersoekende verstand, sy besondere vermoens tot sintese en sy wiskundige insig.
Hy het verbeterde tafels ontwikkel van toekomstige astronomiese beweging. Hy het die wetenskap ontwikkel van hidronamika (die studie van beweging in vloeistof). Hy het gewys dat die reenboog veroorsaak word deur wit lig op te breek. In wiskunde het hy die belangrike instrument van calculus uitgevind. In kinetika het hy Galileo se werk verbygesteek en drie basiese en eenvoudige wette van beweging daargestel.
Maar sy grootste en mees invloedryke bydrae was die wet van gravitasie. Terwyl hy steeds 'n jong man was het hy op die gedagte gekom dat die krag wat die maan om die aarde laat draai, en die planete om die son, dieselfde is as wat 'n voorwerp laat val as dit gelos word. Hoewel hy lank gewag het om hierdie idee te publiseer, het hy dit aan die wereld gegee in 1687 in sy werk "Principia" (Mathematical Princilpes of Natural Philosophy).
Dit het onmiddelik groot aandag getrek in wetenskaplike sirkels, want die wet van gravitasie was besonder in verskeie opsigte. 1. Dit was universeel. Dit was van toepassing op die sterre en hulle bane, en op 'n mossie wat van 'n bos af val. 2. Dit was eenvoudig en kon eenvoudig gestel word " Elke materiedeeltjie in die heelal trek elke ander materiedeeltjie aan met 'n krag wat omgekeerd eweredig varieer na gelang van die kwadraat van die distansie tussen hulle en direk eweredig met die produk van hulle massas.". Dit het 'n massa werk wat reeds gedoen was in astronomie en fisika bymekaargebring.
Hoewel daar 'n mate van teekanting was vir Newton se wet was dit gou bevestig deur observasie en eksperimentering, en het enorme invloed uitgeoefen op elke vertakking van denke.
Bron: History of Western Civilization - Hayes, Baldwin, Cole.
Die gravitasie en die sterre in hulle bane is vir my sowaar 'n "eye opener". Goeie artikel.