Die Franse Revolusie 1 Die finansiele krisis van die monargie 1783 - 1789
- aghvorster
- Mar 12, 2024
- 2 min read
Toe Lodewyk XVI aan bewind gekom het, het Turgot se pogings om die beperkinge op die handel en industrie te verlig, om landbou by te staan, om die finansiele sisteem te hersien, om die laste van die burgers te verlig, en om die adel te belas, sterk opposisie van die bevoorregtes opgeloop.
Nadat hy min bereik het, is Turgot afgedank in 1776, en sy hervorminge is geabandoneer. Hy is opgevolg deur 'n hardvogtoige Switsere bankier, Jacques Necker. Gedurende sy vyf jaar in die amp het Necker gepoog om besigheidsmetodes op regeringsfinansies toe te pas. Hy het 400 000 000 Liere van sy bankiervriende geleen om uitgawes te beperk en belastinggaarding te verbeter. In 1781 het hy voorgegee om die publiek in te lig oor die toestand van die koninklike skatkis. Die verslag was goed ontvang, maar was minder as eerlik, want hy was gretig om verdere lenings te bekom.
Hy het 'n magtige vyand gehad in die koningin Marie Antoinette. Toe haar vriende by haar kla oor Necker se ekonomie, het sy die koning gevra om hom af te dank.
Die koning het Calonne as die nuwe finansiele minister aangestel, wie meer geld vir die koninklike hof gevind het, maar slegs deur meer lenings teen hoer rentekoerse.
Teen die einde van die Amerikaanse oorlog (1783) was die finansiele probleem op 'n desperate vlak. Dit kon inderdaad slegs aangespreek word deur hervorminge wat die ou orde in Frankryk sou omverwerp. Die land kon gemaklik hoer belasting hanteer, maar slegs as die hoelui hulle deel van die las dra.
Vir 'n Biskop of 'n aristokraat het dit belaglik gelyk om belastings te betaal soos 'n gewone burger. Die bevoorregtes was so goed beskerm deur die wet, tradisie en president dat hulle instaat was om enige poging om die huidige sisteem te verander te blok.
In 1786 het die rente op publieke skuld meer as 160 000 000 Liere beloop, en aangesien die inkomste ver kort daarvan geval het om dit te betaal, het die regering elke maand dieper in die skuld geraak. Dit het ook toenement moeiliker geraak om nuwe lenings te kry, selfs teen hoe rentekoerse. uit desperasie het die koning in 1787 'n vergadering byeengeroep van adelikes, Biskoppe en amptenare, uit hoop dat hulle sal toestem tot die belasting van die bevoorregte klasse. Hulle het egter minimale hervormings voorgestel, aangedring dat Calonne afgedank word, en in al hulle voorstelle was daar geen werklike hulp vir die skatkis nie.
Die nuwe minister van finansies, Aartsbiskop Lomenie de Brienne het 'n klomp beloftes gemaak, maar die parlement het gou gesien dat daat niks substansieels agter sy beloftes was nie, en geweier om nuwe lenings of belastings toe te laat.
Word vervolg.
Bron History of Western Civilization- Hayes, Baldwin, Cole.
Comments