Djengis Kahn
- aghvorster
- Sep 5, 2023
- 2 min read
Dengis Kahn is omstreeks 1162 naby die Baikal-meer in Mongolie gebore.
Sy regte naam was Temoedsjin. Sy bynaam, Djengis kahn beteken "heer van die here"
Hy het sy vader as stamhoof opgevolg.
Hy het gedroom van 'n verenigde en goed gedissiplineerde Mongoolse leer wat die hele wereld sou verower. Teen die begin van die 13de eeu was hy gereed om op sy veroweringspad te vertrek. Hy het 'n goed georganiseerde en magtige leer gesmee uit die Mongoliese stamme. Dit het feitlik geheel en al uit ruitery bestaan, en dit was die snelheid waarmee dit kon opruk wat die Europeers en Moslems so vreesbevange vir die hordes uit die Ooste gemaak het.
In 1206 onderneem Dengis Kahn sy eerste aanval op Sjina. Die Sjinese was heeltemal onvoorbereid op die inval. en Kahn het drie bresse in die broemde groot muur geslaan. Drie leers het deur die drie openinge gestroom, en teen 1217 was die hele Noord Sjina al in Djengis Kahn se hande.
Die nuus van hierdie verowering het soos 'n veldbrand deur die res van die wereld versprei.
Die verowering van die res van Sjina het hy in die hande van sy uiters bekwame aanvoerder Moekhoeli gelaat, om nou sy aandag te wy aan sy volgende veldtog: die inval op Khwarizm, 'n Moslem besitting wat Noordwes Indie, Oos Persie en Afganistan omvat. Binne drie jaar verower hy die hele gebied en neem die belangrikste stede, Bokhara en Samarkand in. Hy spaar Samarkand, 'n pragtige stad met imposante geboue, op voorwaarde dat 200 000 goudmunte aan hom betaal word. 'n Hele paar duisend inwoners, onder wie kunstenaars, skrywers en vakmanne, word weggevoer na Mongolie, Noord Sjina en Noord Rusland.
Teen 1225 was Djengis Kahn meester van die hele Asie behalwe Indie en die Soeng ryk.
In 1227 word hy siek tydens 'n inspeksietoer in Sjina, en hy sterf in die provinsie Sjansi. Hy word opgevolg deur sy seun Ogotai.
Bron: Die Verhaal Van Die Mensdom - Fry, Van Aswegen.
Comments