Die wereld van die Kelte.
- aghvorster
- Nov 21, 2023
- 2 min read
Die vroere inwoners van die Britse eilande was die Kelte of Britte. Hulle het ingesluit die Pikte van die noorde en die Iere, beide wie gereeld die mag van Rome uitgedaag het.
Nadat die Romeine Britanje verlaat het, het die Scoti, van Antrim, gevestig in hedendaagse Argyll, 'n alternatiewe Skotse koningkryk gevestig tot die Pikte, met 'n reeks basisse soos by Dunadd en Dunollie. Totdat die Vikings gekom het vier eeue later, het die Pikte en die westelike Skotte Skotland gedomineer, mekaar beveg en geveg teen mense van die suide. Uiteindelik het die Skotte van die weste met Skandinawiese hulp oostelike Skotland oorgeneem en het die Pikte verdwyn.
In suidelike Skotland het die Wallies-sprekende stamme gewoon, sommige van wie oorgeplaas is na Wallis om die Ierse stropers uit te dryf. 'n Antieke Walliese gedig, die "Goddodin" vertel hoe sommige van hierdie krygsmanne Engelse gebied ingedring het. Dit vertel van 'n geveg by Cartaeth op heldhaftige wyse.
Die Goddodin wys baie van die kenmerke van die Kelte uit: hulle liefde vir veg, drink en goud, en hulle siening dat 'n goeie digter iemand spesiaals is.
Die Kelte was die erfgename van die ystertydperkse mense wat van die Rhynrivier so ver as die Britse Eilande en Klein Asie versprei het. In die 4de Eeu voor Christus het hulle Italie ingedring en Rome aangeval. Maar die Kelte het nooit die nut van eenheid begryp nie en teen die derde eeu VC was hulle mag aan die kwyn. Hulle is bedreig deur die Germane in die noorde, Daciers in die ooste en Romeine uit die suide.
In die eerste eeu VC het Julius Caesar Gallie, wat die hartland van die Keltiese wereld geword het, verower. Na aanvanklike teestand het die Galliers daartoe geskik om die voordele van Romeinse regering te geniet.
Die eerste Kelte om in Brittanje te gaan woon het daar aangekom in die 5de eeu VC, gevolg deur nog 'n golf 200 jaar later, en finaal die Belgae in die 1ste eeu VC. Hoewel die Kelte nooit saamgestaan het nie, was hulle kultuur en mitologie opmerkbaar dieselfde.
Die groot bergforte van die Kelte is steeds indrukwekkend na 2000 jaar, maar hulle grootste bydrae is hulle verbeeldingryke digkuns en goed ontwikkelde kuns met komplekse patrone en abstrakte vorme. Hierdie tradisies het aanhou voortbestaan in Ierland, wat immuun gebly het teen aggressors van buite tot die koms van die Vikings in die 9de eeu, en die Anglo Noormanne in die 12de.
Bron: The Last Two million Years - Readers Digest.
Comments