Die Viking strooptogte
- aghvorster
- Nov 13, 2023
- 2 min read
Aanvanklik het die Skandinaviers hulle skepe grootliks gebruik vir kusreise in vlak waters. Hulle was hoofsaaklik 'n vreedsame boerderygemeenskap wat op die oewers van die Baltiese see gevestig was.
Maar die gunstige klimaat van die tyd het toegelaat dat hulle bevolking vergroot het, met die toename in die vraag na bewerkbare grond, en dit het hulle op 'n pad geplaas wat gelei het tot kolonialisering, en uiteindelik konflik met Westelike Europa.
Die eerste strooptogte was inderwaarheid om hulle te vestig op onbewoonde land in eilande soos die Orkney en Shetland Eilande, waar settelaars, spesifiek uit Noorwee, boerdery buiteposte gevestig het.
Ander het egter die "Viking weg" begin volg, en Viking strooptogte begin onderneem in die vrugbare groen lande wat hulle gevind het as hulle Suidwes in die Atlantiese Oseaan geseil het.
Hierdie strooptogte is dikwels onderneem deur Skandinawiese konings en prinse as 'n afleiding van politiese oorloe tuis. In ander gevalle het bannelinge en diegene wat van die gereg gevlug het gereeld Vikings geword.
Aanvanklik het die stropers gekonsentreer op die ryk Keltiese kloosters aan die kus van Engeland en Ierland, maar vanaf AD 800 en verder, hoofsaaklik weens bevolkingsdruk tuis, het die Vikings veroweraars en settelaars geword eerder as stropers.
Met hulle seevaart tegnologie, wat niemand op daardie stadium kon ewenaar of hulleself teen kon verdedig nie, het hulle meeste van Noord en Oostelike Engeland verower gedurende die 9de eeu AD, en daardeur 'n onafhanklike gebied geskep wat bekend gestaan het as Danelaw. Hulle opmars is uiteindelik gestop deur Koning Alfred die Grote, wie van 871 tot 899 AD regeer het en Engeland vir die eerste keer verenig het. Alfred het staatgemaak op oorlogvoering op land en fortifikasiesom die Vikings af te weer, maar in later jare het hy die eerste Engelse vloot begin, met skepe gebaseer op die Noorse ontwerp, alhoewel hulle groter en hoer as die Vikingskepe was.
In Ierland het die Vikings gevestig in Dublin ongeveer 840 AD. in ongeveer AD 859 - 62 het hulle Spanje probeer stroop, waar hulle verslaan is en verder die Meditireense gebied in is, waar hulle Marokko en Italie gestroop het en met Afrika gevangenes teruggekeer het.
Viking navigasie was gedoen met eenvoudige toerusting, maar 'n diepe begrip van die see en die lug. Navigasiekennis is met die mond oorgedra. Die Vikings het nie kompasse gehad nie, so hulle moes hulle verlaat op die son en sterre om hulle koers te bepaal as hulle buite sig van land was.
Bron: Ship 5000 Years of Maritime Adventure - Brian Lavery
Die skandinawiërs is baie trots op hul Viking vetlede. Weet nie of ek sou wees nie..