top of page
Search

Die Vereniging van Aragon en Castile

  • aghvorster
  • Aug 22, 2023
  • 2 min read


Spanje was in die 15de eeu verdeel in twee koningkrykr. Aragon en Castile.


Terwyl die monargale mag in beide koningkryke versterk is, is 'n belangrike stap tot die vereniging van die koningkryke geneem deur die huwelik in 1469 van Koningin Isabella van Castile met Koning Ferdinant van Aragon.


Hulle was beide hoogs bevoeg en gedetermineerd om die gemene koningkryk te sentraliseer, wat sou bekend staan as Spanje. In navolging van hierdie beleid het hulle oorlog hevat met die Moslems in die suidelike deel van die skiereiland, en uiteindelik in 1492 Granada beset en daardie laaste Moorse vesting in hulle grondgebied ingelyf.


In binnelandse beleid is Ferdinant en Isabella gekonfronteer met so 'n diep gewortelde plaaslike patriotisme in Aragon en Castile dat hulle aparte administrasies en parlemente vir beide behou het. Hulle het geleidelik gemene gebruike in beide ingevoer, 'n effektiewe super administrasie opgebou en die magte van die verskeie cortes ingeperk.


In pleks van 'n onbetroubare feudale mag het hulle 'n polisiemag ingebring, genaamd die "Heilige Broederskap" wat geheelenal verandwoordbaar was aan hulle. Baie feudale kastele is verwoes en voorregte van die feudale adel en ridders is aansienlik ingeperk. Die wette, of "Fueros" van die dorpe is gewysig sodat plaaslike amptenare nie langer gekies is deur die burgers nie, maar deur die koningshuis.


Ferdinant en Isabella was vasbeslote gerig op kulturele en godsdienstige eenvormigheid. Stappe is geneem om alle Moslems en Jode uit Spanje te dryf. Deur die inkwisisie, wat oorgegaan het van die kerk na die beheer deur die koningshuis, is duisende bekeerde Jode ( die "Maranos") en bekeerde Moslems (die "Moriscos" skuldig bevind aan kettery en tereggestel.


Die teregstellings is geweldig gekritiseer vanuit die buiteland. Die Pous het sterk geprotesteer in 1483, en hulle beskuldig daarvan dat hulle motiewe nie godsdienstig was nie. Maar hulle het nie hulle pogings om unifomigheid te bereik gestaak nie. Hulle het 'n dekreet uitgevaardig in 1492 dat alle Jode die Christelike geloof moet aanneem of Spanje verlaat. En na die verowering, en ten spyte van vorige beloftes van verdraagsaamheid is 'n soortgelyke dekreet uitgevaardig teen die Moslems.


So is godsdienstige eenvormigheid bereik, maar ten koste van mense wat grootliks tot Spanje se ekonomiese en kultirele lewe bygedra het.


Dit was Isabella wat in 1492 Christopher Columbus gemagtig het om te poog oom Oos Asie te probeer bereik deur weswaarts oor die Atlantiese oseaan te seil.


Bron: History of Western Civilization- Hayes et al.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page