top of page
Search

Die Suidelike Kontinent.

  • aghvorster
  • Oct 3, 2023
  • 2 min read

Die aanlokking van 'n legendariese suidelike kontinent, Terra Australis Incognita, het lank die verbeelding van ontdekkers aangegryp.


Pedro Fernandes de Quiros, 'n Portugese ontdekker wat van Spanje af geseil het, het gedog hy het Australie ontdek toe hy anker gegooi het in New Hebrides.


'n Nederlander, Willem Janszoon was die eerste Europier om die werklike kontinent te ontdek. Nadat hy van Java af geseil het in 1605 om die Nieu Guiniee kus te ondersoek, het hy in die golf van Carpentara in geseil in Noord Australie, en die land wat hy daar ontdek het New Holland genoem. maar dit was nie voor 1642 wat die Nederlandse navigator Abel Tasman 'n poging aangewend het om die gebied verder te ontdek nie.


Tasman het 'n landing gemaak op 'n eiland wat hy Van Diemensland genoem het (vandag Tasmanie) ter ere van die goewerneur van die VOC. Hy het verdere nuwe land ontdek ses weke later toe hy by Nieu Seeland uitgekom het, en op sy pad terug na Java het hy Tonga en Fiji ontdek.


'n Engelse seerower en intellektueel, William Dampier, het in 1715 die kus van Noord Nieu Guiniee en Wes Australie ondersoek vir die Britse regering, maar dit was nie tot 1768 wat

n gedetaileerde ondersoek van die Stille Oseaan aangepak is nie.


Dit was 'n belangstelling in die sterrekunde wat 'n wetenskaplike ekspedisie onder James Cook na Tahiti laat vaar het in 1768, om verslag te doen oor die beweging van Venus voor die son. Nadat hy Tahiti verlaat het, waar hy menslike offerhande aanskou het, het Cook die Suidelike kontinent gaan soek. Hy het rondom Nieu Seeland geseil en openbaar dat dit bestaan uit twee eilande, en toe geland op die onontdekte Ooskus van Australie, wat hy New Suid Wallis genoem het. Die reis het vier jaar geneem, en baie wetenskaplike kennis is opgedoen.


Cook het 'n tweede reis onderneem vanaf 1772 - 1775, toe hy suid van die Arktiese sirkel geseil het en Suid Georgia ontdek het.


In 1776 het hy op 'n derde reis vertrek, wat hom weer na Nieu seeland geneem het,.


Cook is vermoor Hawaii in 1780.


Bron: the Last Two Million Years- Readers Digest

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page