top of page
Search

Die sewe konings van Rome.

  • aghvorster
  • Feb 20, 2024
  • 3 min read

Volgens die Romeinse oorlewering is Rome in die jaar 753vC gestig. Die stad is in 'n heuwelagtige gebied omtrent 30 kilometer land in van die Tiber aangele.


Die stigter van Rome, Romulus, was die eerste koning. Sy bewind het tot 716vC geduur, en in die tyd het hy etlike veldtogte teen sy bure onderneem.


Hy is opgevolg deur Numa Pompilius, wat eintlik tot 'n ander stam, die Sabyne, behoort het. Dit word aan hom toegeskryf dat hy die eerste plekke van aanbidding in Rome opgerig het, op die Griekse patroon. Die Romeine het die Griekse gode oorgeneem as hulle eie, maar die name verander. Zeus het Jupiter geword, Hera Juno, en Athena Minerva.


Numa (716-673vC) was die volgende koning. Hy was 'n sagmoedige heerser, en onder sy leiding het die nuwe stad snel gegroei. Deur 'n strook landbougrond om die stad in besit te neem het hy gesorg dat die stad altyd genoeg kos sou he. Hy het ook tempels vir die gode laat oprig.


Die volgende koning was Tullus Hostilius (673-641vC). Hy was ook 'n wyse heerser, maar was veel oorlogsugtiger as sy voorganger. Hy het die naburige staat Alba Longa verower, die dorpe verwoes, en die mense Romeinse onderdane gemaak. Onder sy bewind is die stad ook verder opgebou.


Ancus Marcius (641-616vC), die volgende koning, het veel gedoen om die stad uit te brei. Hy het die eerste brug oor die Tiber laat oprig, en op die suidelike oewer het geboue gekom vir die Latyne wat hy in verskeie veldslae verslaan het. So het die stad op beide oewers van die rivier begin groei. Ancus het ook 'n hawe by Ostia, in die monding van die Tiber laat aanle, sodat Rome makliker goedere kon invoer.


Toe Ancus te sterwe kom was Rome al heeltemal 'n groot Stad. Op die Noordelike oewer van die Tiber het dit oor sewe heuwels gestrek.


Na Ancus se sterwe was daar geen bekwame opvolger nie. In die tyd het die Etruskers 'n strooptog teen Rome onderneem. Die Romeinse mag het hulle verslaan, maar in die onderhandelings wat daarop gevolg het, het Tarquinius, die Etruskiese aanvoerder, laat blyk dat hy graag met 'n klompie van sy volgelinge in Rome wil kom woon. die Romeinse afgevaardigdes het ingestem, en Tarquinius terselfdertyd as koning verkies. Hy het 38 jaar geregeer en veel goeds vir die stad en sy mense gedoen.


Een van sy prestasies was die groot riool stelsel, die Cloaca Maxima, waarvan dele nog vandag bestaan. Hy het werke ontwerp om die oortollige vloedwater in die valleie weg te voer wanneer die Tiber oorstroom. Hierdeur is die ryke lanbougrond beskerm en die oeste gered, en terselfdertyd is die water gebruik om die droer streke te besproei. Anderkant die Paletynse heuwel het hy die Circus Maximus laat oprig. Dit was 'n reuse ovaal renbaan waar jaers met strydwaens, of naellopers, teen mekaar kon meeding.


Na Tarquinius se dood is hy opgevolg deur Servius Tullius, 'n vredeliewende man. Servius het hom verder daarop toegele om die stad uit te bou. Hy het 'n groot muur om die stad laat oprig waarvan dele vandag nog staan. Hy het ook die klassestelsel ingestel, die patrisiers (adel) en die plebjers en die derde stand (slawe). Servius het die leer georganiseer.


In die jaar 534 het Tarquinius se seun, 'n hovaardige en wrede mens, en sy vrou, wat Servius se dogter was, Servius vermoor. Tarquinius die jongere, wat deur die Romeine "superbus' (trots en hovaardig) genoem is, was 'n swak heerser. Hy het die stad 'n reeks duur oorloe op die hals gehaal, mense sonder verhoor in die tronk gestop of vermoor, ens.


In die jaar 510vC het twee vooraanstaande patrisiers, L Junius Brutus en L Collinatus, 'n opstand gereel. omtrent al die patrisiers en die plebjers het hulle gesteun. Superbus en sy vrou is beveel om die stad te verlaat met al hulle familie en nooit weer terug te keer nie.


Die Romeine het daaropvolgend besluit om die koningskap af te skaf. In plaas daarvan sou twee amptenare, die konsuls, gesamentlik regeer. hulle is jaarliks deur die volksvergadering verkies.


Bron: Die Verhaal Van Die Mensdom- Fry, Van Aswegen.

 
 
 

Recent Posts

See All

Commentaires


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page