top of page
Search

Die Peloponnesiese oorlog: eerste fase

  • aghvorster
  • Jul 25, 2023
  • 3 min read

Teen 449-46 VC het Athene vrede bewerkstellig met beide Persie en Sparta van vorige vyandelikhede. Hulle het dit bewerkstellig deur hulle pogings op te gee om uit te brei in die oostelike Meditireense gebied en om hulle naburige Griekse bure te probeer inpalm.


Daarna het hulle onder die leierskap van Pericles probeer om hulle seeryk te konsolideer, maar die ongelukkigheid daarmee het toegeneem. Alhoewel Athene nie so meedoenloos soos sommige ander imperialiste was nie, het hulle dominering veral die hogere klasse van sommige state geraak, wat hulle op Sparta beroep het vir verlossing van Athene.


Korinthe en Megara het kommersieel gely onder die Atheense oorheersing. Sparta self was suspisieus met betrekking tot die toename in mag vir Athene.


Pericles het die Megariese handelaars geban van Griekse markte en die staat van Potidaea verbied om hulle jaarlikse magistraat te verkry uit Korinthe, soos wat die gebruik was.


Gedurende die winter van 432/431 VC was daar sanmesprekings in Sparta, en die Spartaanse bondgenote het dit duidelik gemaak aan Sparta dat hulle oor moet gaan tot oorlog teen Athene om te keer dat die Peloponnesiese bond tot niet gaan. Sparta het daarop oorgegaan tot oorlog teen Athene, gesteun deur al hulle bondgenote.


Sparta het die strerker landmagte gehad, terwyl Athene weer baas was op die see.


Hoewel die Spartane en hulle bondgenote se magtige leer Attica ingeneem en verwoes het, kon dit Athene self nie aanval nie, wie veilig was agter sy klipmure en baie van sy kos van oorsee gekry het (en dus minder afhanklik was van boerdery buite die stad). Sparta kon ook nie sy leer gebruik deur die hele plantseisoen nie.


Aan die ander kant kon Athene ook nie vir Sparta tot oorgawe dwing nie, want hulle het nie gedurf om die onoorwinlike Spartaanse Hoplites (soldate) op land aan te vat nie.


Athene het onder Pericles die taktiek gebruik om die vyand gedaan te maak met seeaanvalle teen die Peloponnesus.


In die algemeen het Athene die beste afgekom van die wydverspreide aksie in die eerste rondte van die oorlog. Aan Sparta self kon hulle nie raak nie, maar op punte in die Peloponnesus soos Methone, Cythera en Pylos het hulle forte aan die kus opgerig waarheen slawe en ander kon ontsnap.


Korinthe het egter baie sleg daarvan afgekom. Athene het mariene dominansie in die golf van Korinthe gevestig deur die briljante seeslae van hulle admiraal Phormio. Vanaf hulle basis by Naupactus het hulle basies Korinthiese handel met die weste afgesny. Dit het Athene ook geluk om n hele battaljon Spartane op n eiland in Pylos af te sny en te forseer om oor te gee. Daarna kon Sparta nie weer waag om Attica in te val nie, uit vrees dat die gyselaars tereggestel sal word.


Atheense operasies teen die naburige Megara en Boeotica het uitgeloop op die een groot landslag in die eerste fase van die oorlog. Die Boeotiese leer het die Atheners deeglik verslaan. Die laaste groot aksies van die oorlog het plaasgevind aan die kus van Macedonie waar die briljante Spartaanse leier Brasidas in staat was om by onderhorige Atheense state uit te kom en hulle aan te hits om te rebelleer.


Daarna was beide kante gereed om die onbeslissende vyandighede te staak.


Die vrede van Niceas is gesluit in 421 VC


Athene het die gyselaars vrygelaat en moes hulle forte aan die kus van die Peloponnesus ontruim, alhoewel hulle dit nie gedoen het nie. Sparta het sy posisies in die noordelike Aegiese gebied prysgegee en basies sy bondgenote versaak, wie niks gekry het nie.


Dit was die eerste fase van die Peloponnesiese oorlog.


Bron: A History of the Ancient World- Starr


 
 
 

Recent Posts

See All

תגובות


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page