Die Peloponnesiese oorlog: Die laaste fase.
- aghvorster
- Aug 14, 2023
- 2 min read
Na die Siciliese ramp was Athene weer in oorlog met Sparta. Baie van die wat aan hulle onderdanig was, was, op die veronderstelling dat Athene se vloot besig was in die weste, gereed om te rebelleer, en Sparta het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om tot oorlog oor te gaan.
Die Spartaanse leiers het hulle lesse geleer in hulle vorige mislukkings, en het 'n meer aktiewe strategie in die laaste fase van die oorlog gevolg. Op advies van Alcibiades, het koning Agis van Sparta in die lente van 413 'n verskanste vesting opgerig in Deccelea. Hierdie garnisoen het Atticse kommunikasie met die vrugbare gebied van Euboea afgesny, en het Atheense boerdery geknou. Dit het ook gedien as 'n plek waarheen slawe kon vlug. 20 000 van hulle het by die vyand aangesluit. Die Spartane het ook 'n vloot gebou, en daarmee aktief geraak aan die ooskus van die Aegan, waar wydverspreide opstand plaasgevind het onder Atheense onderhoriges.
In 411-10 het die Atheense vloot die onervare Spartaanse vloot verslaan by Cynossema en toe by Cyzicus. Die Atheense leier by Cyzicus was Alcibiades, wat teruggekeer het na Athene, en weer 'n admiraal gemaak is.
Persie het hulp aan die Spartane verleen. Hulle het vanaf 412 geld aan die Spartane gegee om skepe te bou en roeiers te huur. In 406 was hulle nuwe vloot gereed en het 'n blokade gemaak teen die Atheners by Lesbos. Die Atheners het by die Arginusae eilande daarin geslaag om weer die vloot te verslaan.
Met die Persiese finansiele hulp het die Spartane weer hulle vloot herstel en dit toevertrou aan Lysander, een van hulle mees besondere bevelvoerders ooit. In 405 het hy 'n slag teen Athene geslaan deur beheer oor te neem van Hellespunt. Die Atheense vloot het haastig gereageer en posisie ingeneem aan die teenoorgestelde kant van die nou seestraat, maar die Atheense admiraals kon nie genoeg dissipline behou oor hulle manskappe om behoorlik wag te hou nie. Lysander het skielik oor die seestraat geskiet, terwyl die Atheners aan wal was en kos gesoek het en 160 van die 180 Atheense skepe gegryp.
Daarna het hy deur die Aegan gevee, en Atheense koloniste, beamptes en handelaars voor hom uitgedryf na Athene, wat hy en koning Agis van oor die land en van die see beleer het.
Raad is gehou in Sparta, en meeste stemme was ten gunste van die algehele verwoesting van Athene. Maar die Spartane het geweier om 'n staat uit te wis wat voorheen Griekeland verdedig het, en wat 'n nuttige instrument kan wees onder Spartaanse beheer. Die lang mure tussen Athene en Piraeus is egter vernietig en Athene moes afsien van sy vloot..
Die Atheense Ryk het tot 'n val gekom.
Bron: A History of the Ancient World- Starr.
Comentarios