Die ontwikkeling van patologie.
- aghvorster
- Dec 12, 2023
- 1 min read
'n Belangrike ontwikkeling in die agtiende eeu was die nuwe wetenskap van patologie.
Die hooffiguur was Giovanni Battista Morgagni(1682-1771). Hy was 'n opvolger van Vesalius as professor van anatomie by Padua. Morgagni het 'n reeks post-mortem ondersoeke uitgevoer om die interne effek van die siekte te vergelyk met die "case history" van die pasient tydens die vordering van die siekte.
Dit het hom in staat gestel om vir die eerste keer 'n rasionele weergawe van die verhouding tussen siekte en veranderings in verskillende organe daar te stel, en hieroor word hy allerwee beskou as die vader van patologie.
Morgagni se werk is opgevolg deur belangrike kliniese studies van die effek van siekte op organe. Die Skotse dokter John Hunter (1728-93) was 'n briljante ekserimenteerder wie deur dokters oral oor beskou word as die vader van moderne sjirurgie. Hy het gestudeer onder sy broer William, en het later siekte in diere bestudeer. Onder sy leerlinge was Edward Jenner (1749- 1823) wie die wetenskap van immunologie gevestig het in 1798 deur sy werk om pokke te voorkom deur inenting.
Jenner se eerste groot stap vorentoe in voorkomende genesing het in gevoderde lande gelei tot die verpligte inenting van kinders teen pokke en tot stappe teen ander infeksies wat 'n probleem was in die groeiende industriele sentra.
Geleidelik het die stappe van die hervormers gelei tot die verbetering van watervoorraad, meer effektiewe rioolafleiding, en die verpligte rapportering van aansteeklike siektes soos tuberkulose.
Bron: The Last Two Million Years- Readers Digest.
コメント