Die ontdekking van kernkrag.
- aghvorster
- Jul 18, 2023
- 2 min read
Die Tweede Wereldoorlog het aanleiding gegee tot twee groot nuwe tegnologiese velde: Kernkrag en elektronika.
Die groot ontwikkelling in elektronika was radar, welke die Duitsers aanvanklik gebruik het om die kanonne van hulle oorlogskepe te rig, en die Britte om vyandige vliegtuie te spoor.
In 1939 het die Duitse fisici Otto Hahn en Lise Meitner die eerste geword wat daarin geslaag het om die uranium atoom te splits, en het dus kernsplitsing, die verdeling van 'n atoomkern in twee ligteres, ontdek.
Dit is vinnig besef dat hierdie proses ontsettende hoeveelhede energie sal produseer, wat gebruik kan word in 'n bom van ongekende krag.
Dit het die kernresies afgeskop. Die geallieerdes was gedetermineerd dat die Duitsers nie eerste die bom moet ontwikkel nie. Hulle het 'n geweldige groot wetenskaplike span saamgestel in die Verenigde State onder die kode naam van die Manhattan Project.
Die projek het die mees briljante wetenskaplikes aan geallieerde kant bymekaargemaak. Dit het fisici, chemici en elke soort tegnoloog aangestel. Dit het absolute prioriteit gehad in boukonstruksie en die eerste reg op alle materiaal, sommige waarvan, soos uranium en berillium, nog nooit voorheen op 'n industriele skaal gebruik is nie.
Die bom sou enorme politiese en militere gevolge he.
In die groot laboratoriums en ander fasiliteite in die woestyn in New Mexico het J Robert Oppenheimer en sy span die eerste bom geproduseer, wat hulle laat ontplof het by Alamogordo op 5: 30 a.m. op Maandag 16 Julie 1945. Die kernera het begin met die ontploffing van 'n bom gelyk aan 20 000 ton TNT.
Almal weet van die twee bomme wat daaropvolgens op die Japanese stede Hiroshima en Nagasaki gegooi is.
Wetenskaplikes het egter ook gewerk aan wyses om die krag van atoomsplitsing te gebruik vir vreedsame doeleindes. Die eerste kernreaktor was gereed in Desember 1942 in Chicago onder die Italianer Enrico Fermi. Binne 15 jaar was die eerste eksperimentele kernreaktors wat elektrisiteit verskaf operasioneel in Brittanje en die Verenigde State
Bron: The Last Two Million Years: Readers Digest
Commentaires