top of page
Search

Die motor.

  • aghvorster
  • Sep 19, 2023
  • 2 min read

Die belangrikste uitvinding van die laaste kwart van die negentiende eeu was die uitvinding van die "internal combustion engine". Daar was pogings in die sewentiende eeu om die ontbranding van buskruit binne 'n silinder om 'n suier te stoot.


Vroeg in die 19de eeu is enjins wat terpentyn of waterstof ontbrand probeer, maar dit het nie 'n praktiese moontlikheid geword nie.


Die ontdekking van petroleum in Pennsylvania in 1859 deur Edwin L Drake het egter beteken dat daar nou 'n klaarblyklik onuitputlike bron van krag was om enjins voort te dryf.


In dieselfde jaar het die Franse ingenieur Ettienne Lenoir 'n gasenjin gebou. Dit het gewerk, alhoewel minder effektief as stoomenjins van daardie tyd.


In 1876 het 'n Duitser, Nikolaus Otto die vierslag kringloop ontwikkel vir gebruik in sy gasenjin. Dit het die krag gebruik van gas wat uitsit om 'n suier te stoot, en so 'n enjin voort te dryf. Otto se enjin was 'n groot sukses; 50 000 is verkoop in die eerste 17 jaar van produksie, en teen 1917 was daar gasenjins van tot 50000 perdekrag in gebruik.


'n Oostenrykse ingenieur Siegfried Markus het blykbaar verskeie petrol- gedrewe voertuie gebou tussen 1864 en 1874, maar die eerste wesenlike ontwikkeling het gekom van die Duitse ingeneur Gottlieb Daimler in 1885. Hy het 'n enkelsilinder lugverkoelde enjin ontwerp wat die Otto vierslag kringloop gebruik het, en die volgende jaar dit vasgeheg aan 'n fiets. Terselfdertyd het hy 'n voertuig met vier wiele gemaak. Die werk van Daimler en sy mede Duitser Karl Benz het die motorkar 'n praktiese moontlikheid gemaak.


Ander ingenieurs het gevolg. Hendry Ford in die Verenigde State het sy eerste kar gemaak in 1896, en dit opgevolg met die Model T in 1908. Dit het vir 19 jaar verkoop en 15 miljoen is verkoop. Ford se groot bydrae was om die beginsel van massaproduksie aan te neem met die gebruik van standaard intervervangbare parte.


Die jare voor die Eerste Wereldoorlog was die tyd van die massiewe Edwardiaanse motor.


Suksesvolle militere gebruik het die ontwikkeling van motors aangemoedig. Baie honderde vervaardigers het die mark probeer betree, alhoewel meeste bankrot gegaan het teen die einde van die 1920's. Die wat oorleef het soos Herbert Austen en William Morris het gefloreer deur die 1930's.


'n Ander vorm van die "internal combustion engine" wat 'n goedkoper vorm van oliebrandstof, diesel, gebruik het, die dieselenjin, genoem na sy uitvinder Rudolf Diesel, is wyd in gebruik geneem vir vragmotors en busse.


Bron: The Last Two Million Years- Readers Digest.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page