Die Minoise beskawing.
- aghvorster
- Jun 21, 2023
- 2 min read
Updated: Jun 27, 2023
Die Minoiese beskawing het ontstaan op die eiland Kreta.
See- oorlogvoering was toe nog onbekend so die Minoers was beskud teen aanslae van buurstate.
Die beskawing het ongeveer 3000 jaar VC begin, maar eers ongeveer 1500 jaar later sy toppunt bereik, en dit het ongeveer 200 jaar voortgeduur.
In die eerste tydperk van die beskawing is die eiland deur Indo- Europeers bereik. Hulle het gebly op die eiland, wat vrugbare grond en 'n aangename klimaat gehad het. Hulle was suksesvol genoeg met die landbou dat hulle naderhand koring en wyn na Griekeland en Klein Asie kon uitvoer.
Hulle het in vierkantige huisies gewoon, en was bedrewe klipwerkers, goud en silwersmede, en pottebakkers. Hulle was in staat om baie dun erdewerk te vervaardig, wat vandag nog as 'n kuns beskou word.
Ongeveer 2000 VC het hulle 'n nuwe tydperk bereik. Dit word die Middel -Tydperk genoem. In hierdie tydperk het hulle bouwerk vooruitgegaan, en hulle het groot stede, paleise en openbare geboue gebou. Hulle het 'n skrifstelsel ontwikkel wat bekend staan as linieer 1.
Die belangrikste stad was Knossos. Daar was 'n groot paleis, volgens oorlewering die woonplek van die heerser.
Volgens hulle legendes het die heerser bekend gestaan as die Minos, wat moontlik nooit bestaan het nie. Heelwat later het die Grieke geglo dat hy in Knossos gewoon het en Pasiphae, die dogter van die son getrou het. Sy sou dan die ma wees van die mitologiese ondier, die "Minotaurus", 'n gedrog met die lyf van 'n mens en die kop van 'n bul, wat in 'n doolhof gebly het, en aan wie kinders geoffer moes word, totdat 'n man met die naam Theseus die doolhof binnegedring het en hom doodgemaak het.
Orals in hulle kuns is stiere (bulle) afgebeeld, en stieraanbidding het moontlik 'n rol in hulle godsdiens gespeel Stierdanse was baie gewild. Dit wil voorkom of die Minoeers hoofsaaklik godinne aanbid het, maar dit lyk of die duif, boom en die slang heilige simbole was.
Die Minoers het die see gebruik soos ander volke hulle natuurlike omgewings gebruik het. en het handel gedryf met onder andere Sirie en sover as Egipte. Ook baie met die Grieke.
Die paleis Knossos is in 1550 vC verwoes deur 'n aardbewing, volgens argeoloe, nie deur aanvallers nie.
Die Minoeers wat nie in die diens van die heerser was nie, was boere, vissers, skeepsbouers, matrose en vakmanne.
Die vroue se kl;eredrag se buuste was oop, en die mans was skoongeskeer.
Die derde en laaste periode van die beskawing het kort na die aardbewing begin, en vir sowat 'n eeu was dit Kreta se Goue Eeu. Die weelde het in daardie tydperk toegeneem. Hulle het die paleis in Knossos herbou tot 'n nog mooier een, 'n groter vloot gebou, en die land was ryker. Die handel met Egipte en Levant het ook toegeneem.
Toe het die Miceners, 'n groep uit Griekeland, hulle herhaaldelik begin aanval. Omdat hulle nooit voorheen aangeval is nie, het hulle geen vestingmure gehad nie. Knossos is oorrompel en afgebrand.
Hulle het nooit hiervan herstel nie, en feitlik die slawe van daardie Griekse groep, bekend as die Miceners, geword.
Bronne: The Hutchinson History of the World - Roberts
The History of the Ancient World - Starr
Die Verhaal van die Mensdom- Fry, Van Aswegen
Comments