top of page
Search

Die Eerste Anatomiste

  • aghvorster
  • Oct 10, 2023
  • 2 min read

Die gees van die Renaissance en die Hervorming (beide aspekte van die opstand teen gesag) het belangrike gevolge gehad vir die mediese wetenskap. Net soos die werk van Luther die kragtige houvas van die Rooms Katolieke Kerk bevraagteken het, het die werk van die Renaissance anatomiste die houvas van die antieke mediese gesaghebbendes geskud.


In 1527 het Paracelsus, professor in geneeskunde in die Universiteit van Basle, die boeke van Galen en Avicenna verbrand in die openbaar, en geeis dat 'n dokter met sy eie oe moet sien, eerder as om die leerstukke te aanvaar van mans wat al eeue lank dood is.


Dit beteken dat dokters instaat moet wees om menslike liggame te dissekteer om uit te vind hoe dit werk, eerder as om hulle te verlaat op die analogie van navorsing op ape, varke en ander diere, soos Galen gedoen het.


Menslike lyke is gedissekteer in Alexandrie so vroeg as die 3de eeu, maar sulke eksperimente is gestaak tydens Romeinse oorheersing, en in die vroee dae van die Christendom het mense die menslike liggaam as te heilig beskou om op te sny, selfs na die dood.


Eers in die veertiende eeu in Italie het dokters begin om post-mortems uit te voer op die lyke van vooraanstaande persone om vas te stel hoe hulle dood is. Hiervandaan was dit 'n kort treetjie tot die dissektering van liggame eenvoudig om uit te vind hoe dit werk, en die liggame van tereggestelde kriminele is beskikbaar gemaak aan dokters vir navorsing in anatomie.


'n Jong Belg genaamd Vesalius, wie professor in anatomie geword het by Padua op die ouderdom van 23, het die titel van "die vader van die menslike anatomie" verwerf deur sy werk De humani corporis fabrica, gepubliseer in 1543. Dit was die eerste aanbieding van die menslike anatomie deur behoorlike beskrywing en illustrasie gebaseer op die persoonlike waarneming van 'n menslike lyk. Vesalius het intense lojaliteit onder sy volgelinge geinspireer. 'n Groep studente het eenmaal 14 myl geloop in die nag om hom 'n lyk te bring van 'n verafgelee galg.


Maar in sy eie lewe is die werk van Vesalius alles behalwe algemeen aanvaar. Die leerstukke van Galen het in plek gebly vir die jare wat gekom het. Vesalius se werk het so onpopuler gebly dat hy, nadat hy dit vir net 'n paar jaar verdedig het, bedank het as professor, al sy ongepubliseerde werk verbrand het, en die persoonlike dokter geword het van Keiser Charles V


Bron: the Last Two Million Years - Readers Digest

 
 
 

Recent Posts

See All

Comentarios


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page