top of page
Search

Die Babiloniers en Hammoerabi

  • aghvorster
  • Mar 5, 2024
  • 2 min read

Babilon het eers met met hulle sesde koning daarin geslaag om baas in Mesopotamie te word.


Hammoerabi was meer as veertig jaar (1728 - 1686 vC) koning van Babilon. Hoewel oorloe 'n groot deel van sy bewind in beslag geneem het, het hy ook merkwaardige sosiale hervormings ingestel.


Die Babiloniers het die beste elemente van die Sumeriese kultuur geabsorbeer en daarop verbeter. Hulle wiskundige kennis is deur hul aanraking met Egipte uitgebrei, en teen 1700 vC het die Babiloniers vermenigvuldigingstafels, vierkantswortels en selfs 'n bietjie algebra gebruik. Hulle het begrip vir die meetkunde gehad, veral die beginsels wat later deur Pythagoras neergele is. Die Babiloniers het ook 'n sestigdelige syferstelsel gehad, waarvan onder andere die verdeling van die uur in 60 minute en die 360 grade in die sirkel afgelei is.


Die wereld se eerste biblioteek was in Babilon. Dit het onder andere historiese en godsdienstige geskrifte bevat.


Babilon het waarskynlik die wereld se eerste staandemag bevat. Dit het dit vir die koning makliker gemaak om hulle bure in bedwang te hou. Dit het ook 'n nuwe stand daargestel: Die krygers. Hulle het spesiale voorregte gehad soos om grond te besit, waar grond in daardie tyd alles aan die koning behoort het.


Die eerste dertig jaar van Hammoerabi se bewind is aan oorloe met sy buurstate gewy. Daarna het hy daarin geslaag om die Assiriers in die noorde en die Elamiete in die ooste te verslaan, en sodoende 'n groot deel van Mesopotamie onder Babiloniese beheer te bring.


Na hierdie verowerings het Hammoerabi sy aandag aan staatsake gewy. Hy het onder andere wette gekodifiseer. Sy kode is deur baie latere volke as model gebruik. Die kode wys dat Hammoerabi 'n deeglike en noulettende heerser was, met werklike belangstelling in die bestuur van die land en in die welsyn van sy mense. Dit is ook 'n rekord van sy diens aan die staat. Die kode wys dat Hammoerabi in die eerste plek vasbeslote was dat dat die magtiges nie toegelaat moes word om die swakkes te onderdruk nie.


Sy kode sorg ook vir die vrou, veral vir weduwees. Sy wette het vrouens toegelaat om haar man se huis, landerye en besittings te erf, anders as by ander beskawings. Hy het ook aandag aan die kontraktereg gegee. Niemand mag eiendom oorgedra of verkoop het sonder 'n ondertekende geskrewe kontrak nie.


Hammoerabi was ook 'n bouer. Hy het Babilon verbeter en 'n groot muur om die stad laat bou.


Bron: Die Verhaal van die Mensdom - Fry ? Van Aswegen

 
 
 

Recent Posts

See All

Yorumlar


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page