top of page
Search

Calvyn en die Calvinisme

  • aghvorster
  • Feb 13, 2024
  • 2 min read

Die vader van Calvinisme, Johannes Calvyn (1509-1564) is gebore in 'n middelklas familie in Noyon in die Franse provinsie van Picardy. Hy is eers onderrig vir die priesterskap en toe vir 'n loopbaan in die regte. Hy het ook klaarblyklik aanvanklik Humanistiese studies onderneem wat op daardie stadium in Parys gefloreer het.


Frankryk, soos meeste ander Europese lande van daardie tyd, was besig om die effek te ervaar van die godsdienstige omwenteling van daardie tyd, en die Lutherse leraars het in die verband van hulle laat hoor. Maar die Franse koning Francois I, wie van die Pous wye magte oor die kerk ontvang het, het 'n streng beleid ingeneem met betrekking tot godsdienstige afvalligheid.


Op die ouderdom van twintig het Calvyn betrokke geraak in die godsdienstige onrus. Hy het 'n skielike "bekering" ervaar wat hy geglo het 'n Goddelike oproep was om die Katolieke leer te versaak en 'n suiwerder Christelike leer te leer.


Ten spyte van sy jong ouderdom het volgelinge gou om hom saamgedrom om te leer hoe die eenvoud van die vroee kerk weer verkry kon word. Ten gevolge van die houding van die Franse regering, het Calvyn sy vaderland verlaat en gaan woon in Basel in Switzerland. Hier het hy in kontak gekom met die leerstellings en volgelinge van Zwingli. Hier het hy ook sy groot werk "Die Institusie van die Christelike Godsdiens" geskryf. Gepubliseer in 1536, was die boek gerig aan Francois I, in die tevergeefse hoop dat dit hom sal oorwen tot die doelstellings van die Hervormers.


Die 'Institusie" het geblyk van groot historiese belang te wees. Dit word steeds gereken as 'n monument van Franse literatuur. Dit het vir die Protestantse teologie gedoen wat die middeleeuse skrywers gedoen het vir die Katolieke Kerk. Daarin word gevind die saadjies van al die sienings en praktyke van die Calvinisme.


Die Institusie sekere spesiale leerstukke geleer, wat die Calviniste onderskei van ander denominasies. Soos Zwingli het die Calviniste alle sakramente verwerp behalwe die doop en die nagmaal, en die nagmaal het hulle beskou as 'n blote simboliese gedagtenis.


Hulle het die kerk gestroop van alle seremonies waarvoor hulle nie Bybelse gronde kon vind nie. Hulle het weggedoen met alle gewade, heilige waterfonte, heilige beelde, gekleurde glasvensters en orrelmusiek. Hulle het die altaar in die liggaam van die kerk geplaas en dit die nagmaaltafel genoem. Hulle het die gebruik van die kruis en ander simbole soos die ring in die huwelik opogegee.


Tydens die erediens het hulle klem geplaas op die lees van die Skrif, die preek, en die sing van Psalms sonder begeleiding. Behalwe die Onse Vader, wat hulle in die Bybel gevind het, het hulle onvoorbereide gebede gebid.


Hulle het verder weggedoen met biskoppe, aardsbiskoppe en het slegs een amp in die veband erken: die presbiters.


Bron: History of Western Civilization- Hayes, Baldwin, Cole.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Henning se Geskiedenisblog

©2023 by Henning se Geskiedenisblog. Proudly created with Wix.com

bottom of page